0
Miskien - Juanita du Plessis
0 0
Miskien - Juanita du Plessis
Dis Maandagoggend 7 uur
Die koffie is koud en die melk suur
Ek blaai die koerant deur tot 9 uur
En die klok tik-tik tot 12 uur
Die week lê voor en die naweek is vêr
Die highway is rof en die radio blêr
Hey hoe gaan ek die tyd verby kry

Miskien moet ek bel op die selfoon
Miskien is jy daar, maar sal jy antwoord
Of dalk moet ek vra waar jy bly
As ek jou kom haal, sal jy saam ry
Jy leef hier in my drome in my gedagtes elke aand
Miskien moet ek vir jou sê

Dis Vrydagoggend 7 uur
Nog 'n week is verby maar ek's nog steeds hier
Sal ek jou kan kry of is jy te duur
Sal jy die SMS lees wat ek stuur
Ek wonder of ek jou vanaand sal sien
Die antwoord in my hart sê miskien
Hey maar hoe gaan ek dit vir jou sê

Miskien moet ek bel op die selfoon
Miskien is jy daar, maar sal jy antwoord
Of dalk moet ek vra waar jy bly
As ek jou kom haal, sal jy saam ry
Jy leef hier in my drome in my gedagtes elke aand
Miskien moet ek vir jou sê
Comments (0)
The minimum comment length is 50 characters.
Information
There are no comments yet. You can be the first!
Login Register
Log into your account
And gain new opportunities
Forgot your password?