0
Dagboek Van ’n Ma - Juanita du Plessis
0 0

Dagboek Van ’n Ma Juanita du Plessis

На этой странице вы найдете полный текст песни "Dagboek Van ’n Ma" от Juanita du Plessis. Lyrxo предлагает вам самый полный и точный текст этой композиции без лишних отвлекающих факторов. Узнайте все куплеты и припев, чтобы лучше понять любимую песню и насладиться ею в полной мере. Идеально для фанатов и всех, кто ценит качественную музыку.
Dagboek Van ’n Ma - Juanita du Plessis
Soms kan ek vir ure net verwonderd na jou kyk
As jy speel en lag van pure plesier
En soms kan ek in stilte net na jou gesiggie kyk
Dan weet ek jy is van bo gestuur

Mamma tyd gaan gou verby en vinnig word ek groot
Ek wens ek kon nog sit hier op jou skoot
Jou lewenspad is uitgelê en niemand kan dit keer
Om hoog te vlieg is wat ek jou wil leer

Sweef saam met my op die rug van die wind
En ek sal jou wys waar jou hart is my kind
Als kan vergaan maar my liefde bly staan
Want jou hart is aan myne gebind

Ek is hier as jy 'n vriend wil hê wat saam kan lag en huil
Ek is hiеr ek hou jou altyd vas en ek sal dit nooit vеrruil
Ek is hier om elke traan te vee en alles te kan gee
Ek is hier, my kind ek is hier

As ek dan eendag weggaan na die huis vir jou en my
Mamma sal ek jou altyd onthou
Want daar waar ek vir jou wag sal jy by my kom bly
En ek weet dat God Sy hand oor jou sal hou

Sweef saam met my op die rug van die wind
En ek sal jou wys waar Sy hart is my kind
Als kan vergaan maar Sy liefde bly staan
Want Sy hart is aan joune gebind
Комментарии (0)
Минимальная длина комментария — 50 символов.
Информация
Комментариев пока нет. Вы можете быть первым!
Войти Зарегистрироваться
Войдите в свой аккаунт
И получите новые возможности