0
Net ’n Mens - Juanita du Plessis
0 0

Net ’n Mens Juanita du Plessis

Net ’n Mens - Juanita du Plessis
As die donker om my vou
En die nag se kloue my vashou
As die verlange deur my boor
Met die koue besêf ek het jou verloor
Mag ek dan stil raak
My siel se vensters oop maak
Myself net toelaat
Om te weet ek's net 'n mens

Ek gooi vanaand my trane teen die maan
Wie sal die pyn in my verstaan
Waar sal my hart weer troos kan vind
Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind

Die vrees oorrompel my
Hier waar ek alleen agter bly
Waar die bang wees om my vou
Oor dit wat was en wat die toekoms hou
Ek hoor nogsteeds jou naam
En ek weet nie hoe om aan te gaan
Waar my hart in stukke lê
Onthou ek ek's net 'n mens

Ek gooi vanaand my trane teen die maan
Wie sal die pyn in my verstaan
Waar sal my hart weer troos kan vind
Want jou weggaan
Laat my huil soos 'n kind
Comments (0)
The minimum comment length is 50 characters.
Information
There are no comments yet. You can be the first!
Login Register
Log into your account
And gain new opportunities
Forgot your password?